CCL Global Testimonials

Find out what our team has to say

Read Our Testimonials Below

Wat ‘n ongelooflike geleentheid.  Hierdie geleentheid het my lewe van dag 1 af verander. Nie net het ek myself leer ken nie, maar ek het verander in ‘n persoon waar ek myself kon vind en my ideale begin bereik het.  My hart loop oor van dankbaarheid aan 1 ongelooflike mentor,  Mr Tosen,  wat van Dag 1 af ondersteuning en motivering in elke tree wat ek geneem het gegee het.  Ek kan nie wag vir die toekoms wat voor my lê saam met CCL Global nie.

Ek kan met Dankie sê aan Mnr. Tosen en dan ook die Managers wat my help om die pad te stap.

VICTORIA THERON, JUNIOR AREA DISTRIBUTOR

Ek is al drie jaar by CCL Global en al my verwagtinge is oortref. Ek het al soveel bereik en geleer in my tyd hier. Ons word gemotiveer deur die mense en die maatskappy om ons beste te doen. My werk hier het my hartlik beloon en in staat gestel om my eie kar en huis te koop. Ek kan net dankie se vir Mr Tosen

Ek sal altyd dankbaar wees vir die geleentheid want vir die 1ste keer ooit kan ekndinge bereik wat ek nooit van tevore sou bereik nie!

Baie dankie Mr Tosen dis net n voorreg!

JASON BORRUSO, JUNIOR AREA DISTRIBUTOR

A truly amazing opportunity. I came to this opportunity in my early fifties and my only disappointment is that I did not find it sooner. A real opportunity to own your own business at no financial outlay. All it takes is hardwork and a positive attitude. The mentorship and support is second to none, the likes of which I have not found
in any of the numerous companies that I have been involved with both locally and internationally.

PAUL HONEYFORD, AREA DISTRIBUTOR

Van dag een af het ek geweet dat CCL Global is vir my. Ek het dadelik gemaklik gevoel en is  uitgedaag om my beste te gee.

Ek het geweet dat hier sou ek kon groei in my loopbaan. In die laaste vier jaar is ek in staat gestel om my en my familie se lewens te verbeter deur my werk en het ek soveel geleer.

Hierdie maatskappy dra elke werknemer se belange op die hart en ek kan nie genoeg dankie se vir die geleentheid wat ek hier aangebied is nie

CHANTELLE LIEBENBERG, AREA DISTRIBUTOR

In die laaste twee jaar is my lewe soveel verryk deur CCL Global.

Ek kry elke dag die kans om ook ander mense se lewens te help verander en hulle toekoms te verbeter.

Ek sien ‘n helder toekoms vir myself hier en Mr Richards en Mr Tosen is uitstekende mentors!

MARTIN JACOBS, AREA DISTRIBUTOR

Ek het ongeveer twee jaar gelede by CCL Global begin werk. Van dag een af het ek geweet hier behoort ek!

Mr Tosen het my potensiaal en werksetiek raak gesien en ek sien hom as ‘n ongelooflike mentor.

My loopbaan hier het my lewe soveel verbeter en my hart loop oor van dankbaarheid, nooit het ek gedink ek sal soveel sukses behaal nie. Niks is so groot beloning om te weet jy help om mense se lewens te verander nie.

MADELEIN STANDER, JUIONR AREA DISTRIBUTOR

CCL Global het my soveel geleer oor mense kennis, bestuur van mense en bemarking, waarvan ek niks geweet het voorheen nie.

Al die geleenthede en opleiding wat ek hier ontvang het, het soveel deure vir my oopgemaak.

DANIEL ERASMUS, JUIONR AREA DISTRIBUTOR

My posisies hier is die ongelooflikste geleentheid wat ek ooit kom hoop om te kry.

Jy groei elke dag en leer die heeltyd. Ek is net dankbaar vir die ondersteuning wat ek hier ontvang

JEAN VAN DER WESTHUIZEN, JUNIOR AREA DISTRIBUTOR

Ek wil net dankie se vir die ongelooflike geleentheid wat ek hier ontvang het.

Dit het my en my gesin se lewe net vir die beter verander van 2008 af.

Ek het hier begin as ‘n junior en besit nou al twee van my eie takke. Al die harde werk het my hartlik beloon. Dankie vir als

PIERRE RICHARDS, DISTRIBUTOR

Oor die laaste 6 jaar het ek nog net ondersteuning ervaar van die maatskappy en direkteure.

Ek het hier begin met geen ondervinding nie en is soveel geleenthede aangebied. Vandag besit ek my eie tak en kan vir ander mense dieselfde geleenthede bied.

My lewe het nie net verbeter nie, maar as ‘n mense het ek gegroei

ROBBIE RICHARDS, AREA DISTRIBUTOR
CCL Global Jaco Nel

Die geleentheid by CCL Global het tien jaar gelede my lewe handomkeer verander.

Dit het my gevorm en ontwikkel in die man wie ek vandag is. Van dag een af het ek geweet hier gaan ek groei en sukses kan behaal.

Te danke aan die goeie mentors en harde werk het ek al soveel van my drome bereik.

Dankie CCL Global vir die beste tien jaar, ek sien uit na nog tien.

JACO NELL, DISTRIBUTOR
CCL Global Janine Holloway

Wat ‘n Fantastiese geleentheid! Ek is al meer as 1 jaar by CCL Global, waar ek soveel gegroei het, in my loopbaan en as mens.

Al die geleenthede, opleiding, bystand het my lewe verander!

Ek is deel van een groot “Amazing” familie, ek kyk nie vir een dag terug nie.

Verskriklik dankbaar aan my Direkteur Mr Tosen asook al my mentors wat my ondersteun.

JANINE HOLLOWAY, FRONT OFFICE ADMINISTRATOR

n Jaar gelede toe ek my pad by CCL Global begin het , het ek nooit verwag dat hierdie geleentheid my lewe so fantasties sal verander nie .

Ek het nie net finansieel gegroei nie maar ook in my selfvertroue . Dit is nie net n maatskappy nie , maar n familie wat jou ondersteun en vir jou omgee . n Groep hardwerkende , positiewe , motiverende mense op wie jy altyd kan staat maak !

My dankbaarheid loop in oorvloed aan Mnr Tosen vir die geleentheid en vir al die hoop , vertroue en ondersteuning wat hy in my beléhet .

Ek kan nie meer gelukkig wees nie !

NERISCA POOLMAN, SERVICE ADVISOR

“CCL Global has given me the opportunity to connect with different people “strangers” and call them family.

With the motivation of my Director Mr Tosen I have learnt to improve not only on my career skills, but personal as well. For this I have the utmost respect for him. I value the opportunity that he has given me to grow as a person and as an employee of CCL Global”.

SANTEL ELOFF, FRONT OFFICE ADMINISTRATOR

Join Our Team